Hou Afrikanerdroom aan die brand
Geskryf deur Theunis Woest
Maandag, 23 Februarie 2009




Ek wil PRAAG versoek om 'n kontinue en aggressiewe veldtog te loods om die droom van Afrikanerselfbeskikking aan die brand te hou. Hoe selfbeskikking bereik kan word, is 'n ander saak. Die droom moet egter deur elke Afrikaner nagestreef word. Van al die redes wat aangevoer kan word vir hierdie strewe is die belangrikste aspek vir my rondom moraliteit en vryheid. In die utopiese eenwereldsheid en ‘n multikulturele samelewing kan moraliteit nie anders as om volgens die wet van entropie afwaarts te neig nie.


Hoewel 'n mens in hierdie utopie sogenaamd vry is, verloor jy egter jou individualeit. Jy is vry om te slaap of te "trou" met wie en wat jy wil maar jy is nie vry om te sê wat jy wil nie. Die reëls van die utopie is dat alles en almal gelyk is. Jy kan glo wat jy wil solank jy nie dít wat glo as absoluut voorhou nie. Indien jy ander van jou wêreldbeskouing wil ootuig, sal jy gebrandmerk word as synde 'n rassis, Islamofoob, homofoob of seksis en kan van jy van haatspraak aangekla word!


Die Nederlandse parlementariër en filmmaker Geert Wilders se besoek aan die Britse Hoërhuis waar hy sy rolprent oor Islam sou vertoon, is gekanseleer onder druk van Baron Ahmed, die Moslemlid van die huis. Alhoewel Engeland vry en demokraties moet wees, is die nuwe gees van menslike broederskap vryheidsbeperkend. Obama se nominasie van die pro-pornogafie- en pro-aborsieprokureur, Dawid W. Ogden, vir die tweede posisie in bevel van die VSA-kantoor van die advokaateneraal is tekenend van die veval van moraliteit in die liberale geengrensgemeenskap.


Suid-Afrika is nie 'n ideale plek om in te wees nie maar al vlug jy na 'n ander meer geskikte plek sal jy jou vasloop in die eenwêreldgees sonder grense wat mense skei. Engeland is byvoorbeeld 'n neo-heidense gemeenskap waar evangeliste wat hulle byvoorbeeld oor Islam uitspreek, vervolg word. Die Ontvansdame van 'n skool word aangekla van professionele wangedrag nadat sy 'n epos aan Christen-vriende gestuur het om vir raad te vra omdat haar dogter wat diesefde skool bywoon 'n ander kind van die evangelie vertel het.



'n Klag is teen die kind gelê. Die private epos het in die skoolhoof se hande beland en die ontvangsdame word daarvan aangekla dat sy bewerings maak wat die skool en personeel skaad. 'n Verpleegster is uit haar pos geskors omdat sy aangebied het om vir 'n bejaarde pasiënt te bid. Sy word deur haar werkgewer daarvan beskuldig dat sy gefaal het om "personal and professional commitment to equality and diversity" te demonstreer. Dieselfde tipe dinge gebeur in Australië. Soos ook in Amerika! Al hierdie lande gekenmerk deur morele verval.



My doel is nie om die Christengeloof in mense se kele af te druk nie maar om te demonstreer dat 'n "verbintenis tot gelykheid en diversiteit" morele verval tot gevolg het en vryheid aan bande lê. Die "world in unity"-gedagte lei nie alleen daartoe dat morele waardes gerelativeer word nie, maar is die teelaarde vir die liberale gespuis wat ongetwyfeld die botoon in die Westerse wêreld voer.



Onderwyl daar gepraat word van 'n eie land vir die Afrikaner en sommige selfs tot optrede wil oorgaan, glo ek dat die eerste geveg moet wees om die denke van die Afrikaner. Die droom van selfbeskikking moet ten alle koste aan die brand gehou word. Al die insette wat die gewone mens ontvang, het ten doel om hom tot die liberale denkrigting te laat konformeer. By die werkplek word jy geïndoktroneer met die nuutste Oprah-tipe "psycho-babble"-tegnieke.



Ook die media, die koerant, tydskrif, die rolprent, die teater, musiek, radio en TV het almal dieselfde boodskap van 'n strewe na 'n wereld in harmonie en die afbreek van nasionale en ander grense wat mense skei.



Al het ons nog nie outomiteit nie, moet ons denke daarop gerig wees . Ek persoonlik glo in die bonatuurlike en een bewys daarvan is Israel en die Jood. Al was hulle duisende jare sonder heenkome en 'n land het hulle in 1948 hul land teruggekry. 'n Eie land is die ideaal maar intussen moet ons denke suiwer gehou word. 'n Volgehoue veldtog as teenvoeter vir die wêreld sonder grense en reënboognasie-ideaal sal aangewese wees.


Ons moet ons identiteit behou en moet Afrikaners aanmoedig word om hulself te identifiseer en herkenbaar te maak. Dalk kan 'n plakker op jou motor geplaas word wat jou as Afrikaner uitbeeld en dat ons mekaar kan herken of hang 'n Afrikanervlag by jou huis. In so 'n veldtog kan mense aangemoedig word om met ander Afrikaners in die gemeenskap waar hulle is te meng. Sportdae kan oor naweke gehou word waar raak-rugby of sewesrugby of krieket gespeel kan word net om mense in 'n ander omgewing te plaas as die gedurige liberale propaganda waaraan hulle blootgestel word.



Alternatiewe vermaak moet aangebied word. Enersdenke kunstenaars kan ondersteun word deur hulle na jou gemeenskap te nooi vir vertonings. Praatjies oor entrepeneurskap kan in die gemeenskap gehou word om Afrikaners te bemagtig om eie besighede in hul gemeenskap te begin al is dit 'n Afrikaanse eetplek waar 'n mens 'n beeshaas kan bestel.


Ter opsomming, al is ons nie fisies outonoom nie moet ons minstens in ons denke outonoom bly om nie geuniformiseer te word tot die immorele en vryheidsbeperkende ideologie van die reënboognasie en die neo-heidense liberale Weste nie. 'n Veldtog, of eerder geveg, om die denke van die Afrikaner is noodsaaklik.


Bron: Praag.co.za