PDA

View Full Version : 5 met grawe, messe in dorpshuis aangeval



SwordoftheVistula
03-23-2010, 05:34 PM
http://cdn.24.com/files/Cms/General/d/480/1837f5f90bdb4130b7294a9920db9b42.jpg

http://networkedblogs.com/1yuaM

Bloemfontien. – “Dit was iets uit ’n gru-verhaal,” sê mnr. Johan van Vuuren nadat vyf van sy geliefdes “onmenslik wreed” in sy ouerhuis in Jagersfontein aangeval is.

Sy ouers, Boet (80) en Francina (77), broers Marius (44) en Marthinus (35), en broerskind Juan (13) is eergisteraand in hul huis in Harringtonstraat deur ses mans met grawe en messe aangeval.

Die aanvallers het ’n bebloede huis agtergelaat.

Selfs Boet en Marius is erg aangerand, al is albei in rolstoele. Hulle is onderskeidelik deur ’n rugmurgvirus aangetas en in ’n motorongeluk beseer.

Nadat Johan, ’n werknemer in die logistieke afdeling van die Grootvlei-tronk by Bloemfontein, die oproep oor die aanval gekry het, het hy hom na Jagersfontein gehaas.

Hy was egter nie reg vir wat hom in die huis sou begroet nie.

“Bloed was teen die mure en op die vloer.”

Boonop is byna die hele huis deur die booswigte omgekeer.

Johan vertel sy familielede van Jagersfontein het net klaar na die nuusbulletin op TV gekyk toe mev. Van Vuuren die voordeur vir die honde gaan oopmaak het.

Die aanvallers het toe die huis binnegestorm, haar gegryp en as ’n buffer gebruik.

Johan sê sy pa hou altyd sy .22-pistool by hom.

“My pa wou skiet, maar hy kon nie. Hy was bang hy tref my ma.”

Die familielede is met messe gesteek, met grawe geslaan en geskop.

“Marius is met ’n graaf uit sy rolstoel geslaan,” sê Johan.

Een van die aanvallers het met Boet om sy vuurwapen geworstel. Dit is uit sy hand gegryp en een van sy vingers is gebreek.

Hy is gedwing om die kluis oop te sluit waaruit die booswigte R38 000 gesteel het.

Die aanvallers het met die geld, pistool en ander goedere gevlug.

“Dit is nie menslik nie,” het Marthinus gister uit sy hospitaalbed in die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein gesê.

Johan sê sy ma is in ’n koma en het bloeding op die brein. Sy is in die waaksorgeenheid van die Pelonomi-hospitaal in die stad.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

The Lawspeaker
03-23-2010, 06:18 PM
Godverdomme.... wat een vervloekte beesten !