PDA

View Full Version : Plaasmoord: Staat moet nou optree



The Black Prince
04-05-2010, 06:36 PM
Plaasmoord: Staat moet nou optree

Deur ALANI JANEKE

Na die moord van mnr. Eugene Terre’Blanche, die voormalige leier van die AWB, op sy plaas naby Ventersdorp, vra Agri SA dat die Regering moet optree rakende plaasgeweld. Volgens mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, is die organisasie en die landbougemeenskap met afgryse gevul oor die aanval.

Luidens ‘n verklaring sê Möller: “Ongeag ander openbare hoedanighede waarvoor mnr. Terre’Blanche bekend was, was hy ook ‘n boer. Hy het nou deel geword van die onrusbarend-groeiende getal plaasmoorde wat die landbou sedert 1994 teister en in die onlangse verlede skerp toegeneem het."

In plaashuis vermoor
Volgens kapt. Adele Myburg is Terre’Blanche se liggaam Saterdagaand op 'n bed in ‘n plaashuis op sy plaas naby Ventersdorp gevind. ‘n Knopkierie en ‘n panga is op die toneel gevind.

Hy het na bewering in ‘n argument met twee werkers betrokke geraak oor geld. Dié twee het hulself glo na die aanval aan die Polisie oorgegee. Die verdagtes is 16 en 21 jaar oud. Hulle verskyn Dinsdag in die hof.

Plofbare situasie
Möller is baie bekommerd oor die vlaag plaasmoorde wat die afgelope paar weke plaasgevind het en tot emosionele en irrasionele optrede kan lei. Hy vra dat reg en geregtigheid, ook in hierdie geval, binne die raamwerk van die wet en met respek vir die reg moet geskied. “Almal wat hierby ‘n belang het, het ‘n verantwoordelikheid om geregtigheid sowel as moraliteit te laat te seëvier.

“Agri SA verwag leierskap op alle vlakke om deur woord en daad die misdaad en geweldkultuur te besweer en ‘n klimaat vir opbouende samewerking te skep. Dit is spesifiek ‘n uitdaging vir die Regering en sy woordvoerders om geloofwaardigheid by landbouers te skep dat hulle erns het om die ernstige misdaadprobleem op plase as ‘n onaanvaarbare verskynsel stop te sit,” aldus Möller.

Volgens Möller is die gebrek aan teregwysing deur die ANC van mnr. Julius Malema, die leier van die ANC Jeugliga, se ophitsende “skiet die boere” gesingery, ‘n voorbeeld van optrede wat nie toegelaat mag word nie.

DA meen alle leiers moet nou saamstaan
Intussen sê Die Demokratiese Alliansie in ‘n verklaring dat Terre’Blanche se moord onvermydelik polarisasie en opgevlamde gemoedere tot gevolg gaan hê, juis wanneer gemoedere reeds hoog loop in Suid-Afrika.

Die party sê : “Dit kan tragiese gevolge hê en dit is belangrik dat alle leiers nou saamstaan, en ‘n ernstige beroep doen vir kalmte. Geweld was nog nooit ‘n oplossing vir Suid-Afrika se enorme uitdagings nie. Nou, meer as ooit tevore, moet ons rasse-polarisasie teen staan en voort gaan om te bou aan ‘n nie-rassige middeweg van mense wat wel ‘n vreedsame en welvarende toekoms vir almal wil hê”.

5 April 2010

Bron: http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/plaasmoord-staat-moet-nou-optree

Lulletje Rozewater
04-06-2010, 08:22 AM
The state is doing something about it.
They are going to court to have Kill the Boer-kill the farmer approved as a genuine liberation song.

The ANC is so dead scared for Malema that they even go to court to pacify this little bastard,whose woodwork standard(F) at school has not passed the houtkop stage