PDA

View Full Version : Eugene was glo op dorp saam met werkers

SwordoftheVistula
04-08-2010, 10:41 PM
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Eugene-was-glo-op-dorp-saam-met-werkers-20100407

Mnr. Eugene Terre’Blanche, vermoorde AWB-leier, was ure voor sy dood nog op die dorp saam met twee plaaswerkers, van wie een ’n “jong outjie” en die ander een “iets in die twintig” was.

Die verdagtes wat in verband met die moord aangekla is, is onderskeidelik 15 en 27 jaar oud.

Terre’Blanche het die oggend kort ná 10:00 ’n bottel Bell’s-whisky by die Overland-drankwinkel op die dorp gekoop. Sowat ’n halfuur later het hy weer na die drankwinkel gegaan en twee pakke van altesaam 30 Savannas, asook drie 20-pakkies Voyager-sigarette en twee boksies vuurhoutjies gekoop.

’n Werknemer by die winkel, wat nie sy naam gepubliseer wil hê nie, het gesê Terre’Blanche het met sy bakkie daar aangekom met die twee werkers agterop. “Hulle het hom gehelp om die goed op die bakkie te laai.”

Volgens die man van die drankwinkel het Terre’Blanche “fine” gelyk “soos altyd”. “Hy het soos altyd ’n kakiebroek en ’n two tone-hemp aangehad. “Hy’t met my gepraat soos hy altyd met my gepraat het: ‘Hallo, hoe gaan dit met jou’ ”

Dit het ook nie vir hom gelyk of daar enige spanning of konflik tussen Terre’Blanche en die werkers was nie. “Hy was happy en hulle was happy. Alles was oukei.”

Een werker het volgens hom ’n blou baadjie aangehad en die ander een ’n oorpak. “Een was ’n bietjie jonk en die ander een ’n bietjie ouer. Twintig, iets in die twintig.”

Die man het gesê hy was baie geskok toe hy die volgende oggend op die TV sien Terre’Blanche is vermoor. “Ek kon dit nie glo nie. Hy was baie goed vir my. Hy’t so twee maal ’n week gekom. Hy’t net Bell’s gekoop; dít en Smirnoff-vodka. Lyk my vir die stres. Maar hy het altyd net die kleintjies (200 ml) gekoop.”

Kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het gister gesê die polisie is reeds bewus van Terre’Blanche en die twee werkers se besoek aan die drankwinkel “en dit vorm deel van die ondersoek”. Sy wou geen verdere kommentaar daaroor gee nie.

Terre’Blanche is dieselfde middag dood op sy bed gevind waar hy op sy plaas met ’n panga doodgekap is. Sy broek was afgetrek.

Die twee verdagtes het eergister in die landdroshof op Ventersdorp verskyn en die verhoor is tot 14 April uitgestel.

Me. Bea Terre’Blanche, Terre’Blanche se dogter en enigste kind, het vroeër vandeesweek gesê haar pa het die twee verdagtes nog nie vir Maart betaal nie, maar ’n reëling met hulle getref om hulle ná die langnaweek te betaal.

Volksblad het gister by ’n Ventersdorpse sakeman verneem Terre’Blanche het finansieel gesukkel. “Eugene het nie meer geld gehad nie. Hy’t by my op skuld gekoop. Ek gaan ’n eis sit op sy boedel.”

Die polisie het gister ’n veiligheidsbeplanningsvergadering gehou met die oog op die begrafnis môre om 12:00 uit die Afrikaanse Protestantse kerk (APK).

Benewens die bykomende polisielede wat sedert die moord in die omgewing ontplooi is, gaan nog talle polisielede van verskeie eenhede daar wees. Terre’Blanche sal in ’n grafkelder in die familiekerkhof op sy plaas, Witrandjiesfontein, begrawe word.

Lulletje Rozewater
04-11-2010, 04:15 PM

Hulle sê daar was 'n kondom in sy slaapkamer.????????????????????