PDA

View Full Version : Taalafstand van Nederlandse dialekte

Loki
01-23-2009, 11:11 PM
Taalafstand van Nederlandse dialekte

1 Standaardnederlands 1
2 Haarlem 0.9986
3 Bodegraven 0.99773
4 Barendrecht 0.99756
5 Heerhugowaard 0.99722
6 Enkhuizen 0.99704
7 Houten 0.9962
8 Sprundel 0.99542
9 Hulst 0.99478
10 Valkenswaard 0.99431
11 Zoersel 0.99363
12 Arnemuiden 0.99355
13 Zetten 0.99299
14 Oostakker 0.99288
15 Barneveld 0.99284
16 Ingooigem 0.99276
17 Westerhoven 0.9926
18 Geffen 0.99254
19 Damme 0.99243
20 Bolsward 0.99228
21 Markelo 0.99184
22 Aalten 0.9917
23 Afrikaans 0.99162
24 Geeraardsbergen 0.99123
25 Tubbergen 0.99106
26 Hindeloopen 0.99068
27 Genemuiden 0.99062
28 Grouw 0.99001
29 Holwerd 0.98958
30 Beilen 0.98942
31 Schaffen 0.98942
32 Oldeberkoop 0.9885
33 Bree 0.9869
34 Muizen 0.98608
35 Stadskanaal 0.98571
36 Warfum 0.98478
37 Alveringem 0.98411
38 Venray 0.98348
39 Maastricht 0.97951
40 Tienen 0.97722
41 Kerkrade 0.97319

http://www.afrikaans.nu/pag5.h1.jpg

Afrikaans het al so ver afgewyk van Nederlands dat daar sprake was van 'n nuwe taal. Dit was die gedagtegoed van die voorstaanders van 'n Afrikaanse kultuurtaal. Wanneer 'n mens bloot in Vlaandere 'n bietjie rondluister (laat staan nog 'n studie doen van die dialekte), kom 'n mens wel gou agter dat die Afrikaanse omgangstaal digterby Standaardnederlands staan as talle Vlaamse dialekte, bloot op grond van verstaanbaarheid. Die afstand tussen taalvariėteite kan egter bereken word en by die FFM metode word van fonologiese kenmerke gebruik gemaak. Volgens die metode word in onderstaande tabel bepaal hoe digby 40 Nederlandse dialekte (inklusief Standaardafrikaans) aan Nederlands staan. Afrikaans is 23 ste, en is dus digterby Nederlands as 18 ander dialekte.

Wat nou opval is dat die uitslag van die studie ook min of meer klop met geografiese afstand, met die Randstad as vertrekpunt (die taalsentrum). Die studie word des te interessanter met Standaardafrikaans daarby, wat geografies ver weg sit.

Bron (http://www.afrikaans.nu/pag5.htm)

Stormraaf
01-24-2009, 10:11 AM
Ek het die gewoonte om soms Nederlandse woorde tussendeur my Afrikaans te gebruik wanneer ek aan 'n Nederlander skryf as ek weet die Afrikaanse woorde mag dubbelsinnig vir hul klink of hul verwar. As Afrikaans wel as 'n Nederlandse dialek gesien kan word, beteken dit dis dalk nie taalkundig verkeerd om so te maak nie. :cool:

Ek twyfel egter - ek kan Nederlands lees, maar ek sukkel om 'n Nederlandse gesprek te volg, terwyl twee Nederlanders van watter dialek ookal sekerlik nooit sal sukkel om mekaar te verstaan nie?

Stossy
01-24-2009, 11:15 AM
Hehe, mijn taaltje staat op plaatsje 39 :p.

Loki
01-24-2009, 01:02 PM
Ek twyfel egter - ek kan Nederlands lees, maar ek sukkel om 'n Nederlandse gesprek te volg, terwyl twee Nederlanders van watter dialek ookal sekerlik nooit sal sukkel om mekaar te verstaan nie?

Dieselfde hier. Ek kan Nederlands lees met 100% begrip, maar moet fyn luister in 'n gesprek om alles uit te maak. In elk geval, ek dink al wat nodig is om vloeiend te word in spraak, is oefening en praktyk. En dit sal nie lank neem nie. (dubbel ontkenning, vreemd vir Nederlanders ;) )

Een van my doelstellings vir die volgende paar jaar is om vloeiend Nederlands te kan praat. :coffee:

Stossy
01-24-2009, 01:12 PM

Komt bij bekend voor van een reclame op tv.

'Fons die ken een maand lang nie zingen nie'

'Fons die ken een maand lang nie gamen nie'

:p
http://www.youtube.com/watch?v=Y7ccWfmWMZc

http://www.youtube.com/watch?v=cqac2Wc8cmg

Heimmacht
01-26-2009, 04:24 PM
Hehe, mijn taaltje staat op plaatsje 39 :p.

Ja verrek, en de mijne is weer es nergens te bekennen eej.... :shakefist