PDA

View Full Version : "Julle vermoor julle eie Nederlandse taal!"



The Lawspeaker
09-07-2011, 12:12 PM
"Julle vermoor julle eie Nederlandse taal!"


"Een brief in het Zuid-Afrikaans.
Ek verwys na die vraag oor Engels as bedryfstaal in Nederland (metro, 25-8-1999). Ek kom van 'n land waar daar elf amptelike tale is. Ja, elf tale. Die feite is dat Afrikaans geografies gewyse die mees verspreide taal in SA is, gevolg deur Engels en dan 9 ander provinsiale tale. Logies, in so'n Babelse verwarring het jy seker ten minste twéé gemeenskaplike tale nodig? Volgens die 'demokratiese' grondwet van SA moet iedere en elke taal gelyke status in sy 'streek' kry. Die woord 'streek' word dan outomaties verander na alleen Engels. Die apartheidsregime het wél gelyke beregtiging gegee aan alle tale, onder andere deur die 'tuisland'-stelsel.

Statistiek: daar is ongeveer 6.5 miljoen Afrikaanssprekendes, dus met Nederlands kom jy byna oral tereg. Die probleem in Nederland en SA is dat Engels gesien word as: "tog 'n wêreldtaal, waar kan jy met Xhosa, Nederlands, Duits, Spaans of Afrikaans tereg kom?". Dit is tog die besigheidstaal. Dit is/was vir my 'n groot skok om die verengelsing van Nederland te sien. In SA het ons juis die hulp nodig van Nederland om die voortbestaan van Nederlands in Afrika te verseker! Die verwagte tyd voor Nederlands se amptelike taal Engels word is ongeveer 50 jaar van nou. Tja, in 'n eentalige land vermoor julle jul eie taal! Wat is fout met julle Nederlanders?"


Voor de rest van het artikel.. klik op de schakel (http://www.roepstem.net/erasmus.html).