PDA

View Full Version : Joernaliste dalk howe belet



The Lawspeaker
10-27-2009, 04:59 AM
Joernaliste dalk howe belet (http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/f25ec867fd1f4df9bf1aa05a1d72e329/27-10-2009-06-34/Joernaliste_dalk_howe_belet)


Johannesburg. – Die media se dae van verslag doen vanuit ’n hofsaal is dalk getel.

Dít, vrees die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum *(Sa*nef), sal die geval wees indien die parlement die Wetsontwerp oor Beskerming teen Teistering aanvaar.

Die kabinet het dit reeds verlede week goedgekeur.

Thabo Leshilo, Sanef se voorsitter van mediavryheid, het gesê kragtens die wetsontwerp kan beskuldigdes in ’n verhoor by die landdros of regter aansoek doen dat die media nie gedurende die hofverrigtinge teenwoordig mag wees nie.

“Dit beteken in die toekoms kan iemand soos Selebi (mnr. Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, wie se korrupsieverhoor nog nie afgehandel is nie) aansoek doen dat die media nie gedurende die verhoor teenwoordig mag wees nie. “Dit is só skokkend,” het Leshilo gesê.

Die wetsontwerp definieer teistering onder meer as wanneer iemand ’n klaer “bydam”, buite die persoon se werk- of blyplek “rondhang” of die persoon agtervolg.

Simon Delaney, Sanef se prokureur wat die forum se voorlegging aan die kabinet verlede week gehanteer het, het gesê dit is juis dié definisie wat Sanef bekommer omdat dit te “breed” is.

Leshilo meen die wetsontwerp kan joernaliste verhoed om hul werk te doen omdat dit ondersoekende joernaliste wat berigte in openbare belang doen en persone moet “volg” of “dophou” as teisteraars beskou.

RoyBatty
10-28-2009, 07:01 AM
Wetsontwerp oor Beskerming teen Teistering aanvaar.

Won't be long before they make similar "Protection against media harassment" laws in the EU.

Lulletje Rozewater
10-28-2009, 09:15 AM
Joernaliste dalk howe belet (http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/f25ec867fd1f4df9bf1aa05a1d72e329/27-10-2009-06-34/Joernaliste_dalk_howe_belet)


Johannesburg. – Die media se dae van verslag doen vanuit ’n hofsaal is dalk getel.

Dít, vrees die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum *(Sa*nef), sal die geval wees indien die parlement die Wetsontwerp oor Beskerming teen Teistering aanvaar.

Die kabinet het dit reeds verlede week goedgekeur.

Thabo Leshilo, Sanef se voorsitter van mediavryheid, het gesê kragtens die wetsontwerp kan beskuldigdes in ’n verhoor by die landdros of regter aansoek doen dat die media nie gedurende die hofverrigtinge teenwoordig mag wees nie.

“Dit beteken in die toekoms kan iemand soos Selebi (mnr. Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, wie se korrupsieverhoor nog nie afgehandel is nie) aansoek doen dat die media nie gedurende die verhoor teenwoordig mag wees nie. “Dit is só skokkend,” het Leshilo gesê.

Die wetsontwerp definieer teistering onder meer as wanneer iemand ’n klaer “bydam”, buite die persoon se werk- of blyplek “rondhang” of die persoon agtervolg.

Simon Delaney, Sanef se prokureur wat die forum se voorlegging aan die kabinet verlede week gehanteer het, het gesê dit is juis dié definisie wat Sanef bekommer omdat dit te “breed” is.

Leshilo meen die wetsontwerp kan joernaliste verhoed om hul werk te doen omdat dit ondersoekende joernaliste wat berigte in openbare belang doen en persone moet “volg” of “dophou” as teisteraars beskou.


I think this so common in Africa.
Politicians do not want to be harassed by journalists such as Debra Patta and Jon Quelane