Meer Plaasmoorde In Suid-Afrika

Al meer plaasmoorde in SA Plaasaanvalle is weer aan die toeneem en die wreedheid van die aanvalle is ontstellend.
Die wreedheid van onlangse plaasmoorde op ’n boer van Waterval-Boven (om net sy bakkie te steel) en ’n boer van Delmas is uiters kommerwekkend.

“Een plaasaanval of -moord, is een te veel. Namens TLU SA spreek ons ons medelye uit teenoor Gideon Swart se familie en vriende. Sy broer Ruben boer op buurplaas en is TLU SA-lid. Ook die familie van die Delmas-boer is in ons gebede,” sę dr. Gawie Lötter, TLU SA Bestuurder: Veiligheid.
“Ons sien nie net weer ’n toename in plaasaanvalle en -moorde nie, maar ook eskalering in die wreedheid van die voorvalle. Met die aanvalle is daar gevalle van veediefstal, die steel van plaastoerusting en die diefstal van wapens wat in die verkeerde hande beland. Veral laasgenoemde is uiters gevaarlik.”
Sedert 1990 is daar reeds 2203 plaasmoorde aangemeld. Teen 27 September was daar reeds 33 moorde vir 2022 op die rekordboek.
Daar is ’n duidelike toename in plaasaanvalle. In Junie was daar twee plaasmoorde, maar sedertdien is die getalle aan die toeneem. Julie was daar sewe en in September reeds ses.

https://www.dievryburger.co.za/2022/...n-suid-afrika/